Sport

Ermelo stoeiers staan hul man

Ermelo Stoeiklub het op Saterdag, 10 Maart, proewe van die Mpumalanga Stoeivereniging (MSV) as aanloop tot die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap by die Jimmy Loubser-saal aangebied. Stoeiklubs van Bethal, Secunda, Middelburg, Witbank, Delmas en Ermelo het die dag bygewoon. Die stoeiers van Ermelo het hulle goed van hul taak gekwyt en Ermelo se naam hoog gehou. Lees …

Ermelo Stoeiklub het op Saterdag, 10 Maart, proewe van die Mpumalanga Stoeivereniging (MSV) as aanloop tot die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap by die Jimmy Loubser-saal aangebied.

Stoeiklubs van Bethal, Secunda, Middelburg, Witbank, Delmas en Ermelo het die dag bygewoon.

Die stoeiers van Ermelo het hulle goed van hul taak gekwyt en Ermelo se naam hoog gehou.

Lees ook: Eddie Daniel doen dit weer

In die presidente-afdeling word stoeiers volgens hulle gewig ingedeel en kan dus teen stoeiers, wat ouer of jonger is, stoei.

Die uitslae in dié afdeling is:

Jac Botha, Marno Botha en Hubert Terblanche het almal goue medaljes ontvang, terwyl André Robertson en Lian van der Bank ’n silwer en De Wet Luus ’n brons medalje ontvang het.

In die MSV-vrystylafdeling het Jac Botha, De Wet Luus, Henco Boshoff, André Robertson en Lian van der Bank goue medaljes ontvang en Teghan Breytenbach ’n silwer.

In dié afdeling wedywer elke deelnemer slegs teen stoeiers in sy ouderdomsgroep asook in dieselfde gewigsklas.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button