Ermelo Lugskou laat die koppe draai met besonderse vertonings
Daar is ook aan sowat 600 minderbevoorregte skoolkinders die geleentheid gegee om die dag mee te maak.
Die lugruim bokant die vliegveld op Ermelo het verlede Saterdag uitgelese vlieëniers en vliegtuie gehuisves.
Vroegoggend het die Ermelo Radio Beheerde Vliegklub ’n vertoning aangebied.
Daarna was daar beswaarlik ’n stilte in die lug soos die vliegtuie mekaar met hul vertonings, solo en groep, opgevolg het.
Nigel Hopkins, Neville Ferreira en Andrew Blackwood Murray, onder andere, se vertonings het baie reaksie by die toeskouers uitgelok.
Die Flying Lions, Good Year Pitts Specials en Mathew Zalewski in sy Magi Gyro het ook baie aandag getrek.
Little Annie met vlieëniers Mark Hill en sy seun Jean-Marc het die valkskermspringers van die Spesiale Magte die lug in gevat en ook twee vertonings gelewer.
Lees ook: [GALERY]: SAVF-huis geniet boemelaars tema-aand
Die aandvertoning van die Puma Energy Flying Lions Harvards het die mense laat praat.
Die besoekers het ook gewag vir die SAAF Gripen wat teen ’n baie hoë spoed deur die lug geklief het met Majoor Vundla in beheer, wat ’n paar keer oor hulle koppe gevlieg het.
Ivan van der Schaar het die WWII Boeing Stearman gevlieg.
Daar is ook aan sowat 600 minderbevoorregte skoolkinders die geleentheid gegee om die dag mee te maak.
Die burgemeester, mnr. Joseph Mkhaliphi, is verwelkom in ’n Gazelle, gevlieg deur Juba Joubert, terwyl ’n groep Harley Davidsons in aantog was.
Tussen die kosstalletjies en die biertuin kon die mae vol en die kele nat bly.
Baie van die besoekers, deelnemers en gaste het tot laat in die biertuin saamgekuier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.




