Sport

[VIDEO] Ermleo se Ringbalklub bied ligawedstryde by AJ Swanepoel Stadion aan

Die vroue B-span het Sasol se A-span in ’n taai wedstryd met 28 - 26 geklop, maar het die knie gebuig teen Sasol se B-span met 32 - 28.

Die Ermelo Ringbalklub het op Saterdag, 14 April ligawedstryde by die AJ Swanepoel Stadion aangebied.

Die vroue A-span het Sasol se B-span met 42 – 12 geklop en ook hul volgende wedstryd teen Mkondo oortuigend met 54 – 20 gewen.

Die vroue B-span het Sasol se A-span in ’n taai wedstryd met 28 – 26 geklop, maar het die knie gebuig teen Sasol se B-span met 32 – 28.

Lees ook: [Foto’s]: Ermelo en Secunda se ringbalspanne meet kragte

Sasol se vroue A-span het hul wedstryd teen Mkhondo met 28 – 30 verloor.

Sasol se mansspan het die Ermelo-mansspan in die eerste wedstryd met 20 – 18 geklop en hulle in die tweede wedstryd laat les opsê met ’n telling van 31 – 10.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button