Ermelo-stoeiers presteer by MSV-ligakampioenskap in Secunda
Ermelo-stoeier vaar goed tydens die MSV-ligakampioenskap.
Ermelo Stoeiklub het onlangs aan die Mpumalanga Stoeivereniging (MSV) se Ligakampioenskap op Secunda by die Sasol Klub deelgeneem.
Die uitslae is:
Lian van der Bank het ’n brons medalje in die kadetafdeling ontvang.
Richter Luus (0/6) en AJ van Niekerk (0/8) het albei ’n deelname medalje in hulle onderskeie ouderdomsgroepe ontvang.
Jac Botha het in die 0/9-afdeling in die vierde plek geëindig.
Henco Boshoff en De Wet Luus het albei goue medaljes en Franco du Randt ’n silwer medalje in die 0/11-afdeling verower.
Andre Robertson het ’n brons medalje in die 0/13-afdeling en ’n goue medalje in die Presidente-Skole-afdeling in ontvangs geneem.
Lees ook: Laerskool Ermelo se netbaldogters staan hul man teen Laerskool Secunda
Marno Botha en Eugene Oosthuizen het elk ’n goue medalje ontvang en Pieter van Aardt ’n brons medalje in die 0/15-afdeling.
De Wet Luus het ’n silwer medalje in die Presidente-Skole-afdeling verower.
Teghan Breytenbach moes weens mediese redes van die toernooi onttrek.
Twee van die stoeiklub se lede, Marno Botha en Hubert Terblanche, is onlangs tot die Mpumalanga Stoeispan verkies.
Die span het op Saterdag, 7 April aan die SA Presidente Toernooi, wat in Pretoria aangebied is, deelgeneem.
Marno Botha het as wenner uit die stryd getree en is as die Suid-Afrikaanse Kampioen in sy gewigsklas aangewys.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



