Ouma Rooi Rolbal besigheisliga sorg vir spanning tydens die finale wedstryde
Geheime beoordelaars het tydens die ligawedstryde langs die baan spelers op hul gees en kleredrag beoordeel en die spelers van die MOTHS se span is aangewys as die bes geklede span.
Die spanning het hoog geloop tydens die finale wedstryde van die Ouma Rooi Sosiale Rolballiga wat Woensdagaand tot ’n einde gekom het.
Altesaam 28 sSpanne het sake die afgelope aantal weke uitgespook en die Ball Busters het vir die vierde keer agtereenvolgende keer as die wenners uit die stryd getree.
Wedstryde is Dinsdae- en Donderdagaande gespeel en die wenners van die twee aande het mekaar Woensdagaand in die eindstryd die stryd aangesê.
In ’n gelykop stryd wat in die finale kop beslis is, het die Ball Busters die span van Balls of Fury met 12-9 geklop.
In die Dinsdagaandliga het die span van Tasso’s derde geëindig met die Underdogs in die tweede plek en Balls of Fury die wenners.
Lees ook: Rolbalspelers laat die houte rol
Donderdagaand het Ermelo Vleismark die derde plek ingeneem met Ermelo Fire & Signs in die tweede plek en die Ball Busters weer eens die wenners.
Algeheel vierde was die Underdogs, Ermelo Fire & Signs in die derde plek, en Balls of Fury in die tweede plek.
Geheime beoordelaars het tydens die ligawedstryde langs die baan spelers op hul gees en kleredrag beoordeel en die spelers van die MOTHS se span is aangewys as die bes geklede span.
Gerda Swanepoel. President van Ermelo Rolbalklub, het die spelers, ondersteuners en borge bedank vir hul deelname en het almal gevra om betrokke te raak by dié klub.
Die volgende ligawedstryde vind in September plaas en almal word genooi om in te skryf.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



