Sport

Ermelo Ringbalklub vaar goed tydens die Gert Sibande Proewe

Ermelo Ringbalspelers haal verskeie Gert Sibande spanne

Ermelo Ringbalklub het onlangs aan die Gert Sibande-proewe op Ermelo deelgeneem.

Agt van die klub se spelers het onderskeie Gert Sibande-spanne gehaal.

Delina Smit, Zandra van der Merwe, Driekie van Nieuwenhuizen en Debbie du Preez het die vroue A-span gehaal, terwyl Alice Smit en Catie van den Berg by die meester vroue span ingesluit is.

Annieka van Eck het die vroue B-span gehaal en Dries Smith die mans A-span.

Die spelers neem van 1 tot 7 Julie aan die nasionale kampioenskap in Pretoria deel.

Die klub het hul borge, Nashua Ermelo, Mpumalanga Brick & Crete en Hinterland wat die jaar moontlik gemaak het, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button