Ermelo-skuts laat die lood vlieg tydens klubkompetisie
Daar is vier verskillende bane vir die skuts opgestel wat elke skut teen tyd en onderskeie vereistes moes voltooi.
John Whatley is die algehele wenner van Ermelo Defensive Pistol Club (EDPC) se klubskietkompetisie.
EDPC het Saterdag, 21 Julie hul klubskietkompetisie by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad aangebied.
Die kompetisie het omstreeks 9am afgeskop en 26 skuts het die dag aangedurf.
Daar is vier verskillende bane vir die skuts opgestel wat elke skut teen tyd en onderskeie vereistes moes voltooi.
John Whatley is die algehele wenner met ‘n tyd van 114.42 sekondes, met Jan Willem Human in die tweede plek met ’n tyd van 134.35 sekondes en kort op sy hakke in die derde plek is Sarel Marais met 136.45 sekondes.
Johnny dos Reis is net-net in die vierde plek met 136.83 sekondes, gevolg deur Frikkie du Plooy in die vyfde plek met ’n tyd van 145.81 sekondes, Gert Jansen van Rensburg in die sesde plek met 157.36 sekondes, in die sewende plek is Paul van Niekerk met ’n tyd van 158.50 sekondes, Bruce Theron met ’n tyd van 169.72 sekondes in die agtste plek, Christo Botha in die negende plek met 182.96 sekondes en Louis Geldenhuys in die tiende plek met 189.88 sekondes.

Die ander uitslae vir die dag is:
Cecelia Beukes (210.07 sek), Gernus Jansen van Rensburg (213.84), Freddie Bosch (219.49 sek), Loekie Jansen van Rensburg ( 233.75 sek), Steve Rautenbach (233.75 sek), Alewyn de Vos (245.39 sek), Cheryl Geldenhuys (272.18 sek), Vivian Whatley (274.50 sek), Pannie Marais (282.99 sek), Charles Robberts (293.60 sek), Ernst Jansen van Rensburg (305.11 sek), Hein Fourie (322.87 sek), Christelle Whatley (332.29 sek), Lodewyk Pretorius (350.01 sek), Luche Geldenhuys (357.01 sek) en Rethea Jansen van Rensburg (482.86 sek).
Die top 10 akkuraatste skuts vir die dag was in die eerste plek Christelle Whatley, gevolg deur Johnny dos Reis in die tweede plek en Louis Geldenhuys in die derde plek. In die vierde plek is Jan Willem Human, Sarel Marais in die vyfde plek gevolg deur John Whatley, Gert Jansen van Rensburg, Paul van Niekerk, Charles Robberts en Bruce Theron.
Ermelo Defensive Pistol Club bied vanaf 9 tot 12 Augustus die Afrika-kampioenskap by die Vlakfonteinskietbaan aan.



