Local sportSport

Twee potbalspelers van Ermelo pak Chinese 8-balliga op Secunda aan

Charles lê tans gelyk met Jacobus le Roux van Panda’s van Secunda in die tweede plek.

Charles Wahlstrand en Veronica Wahlstrand van Full Moon Cue Sport is al bekende gesigte in die potbalkringe.

Dié twee spelers van Ermelo neem vanjaar aan die Chinese 8-balliga deel wat by Panda’s-klub op Secunda plaasvind.

Die wedstryde vind elke Vrydagaand om 7nm, 8nm en 9nm plaas.

Elke speler speel “race to four” teen mekaar, waartydens die speler wat eerste vier punte het, die wedstryd wen.

Aan die einde van die liga kwalifiseer die top 6 spelers vir die proewe wat teen die top 6 spelers van Hendrina se liga sal uitspeel.

Die spanne word daaruit gekies om Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse kampioenskap te verteenwoordig wat in Desember by Graceland Casino op Secunda aangebied word.

https://highvelder.co.za/67299/gallery-swartbalspelers-se-mekaar-die-stryd-aan-op-ermelo-2/

Charles Wahlstrand het in die eerste ronde teen Thabo Taljaard van Panda’s 4-0 verloor en in die tweede ronde teen Adam Nel 4-0 gewen.

Veronica Wahlstrand het in die eerste ronde teen JJ Le Roux te staan gekom en die wedstryd 4-2 gewen, waarna sy is die tweede ronde teen Kyle Jonker van Panda’s 2-4 verloor het.

Charles het in die derde ronde teen André van Wyk van Secunda te staan gekom en die wedstryd gewen met ’n telling van 4-2 nadat hy 1-2 agter was op die tellingbord.

Hy het op 17 Augustus teen sy suster, Veronica Wahlstrand, gespeel en haar 4-0 geklop, waarna hy ook teen Joseph Mtsweni gespeel het en hom met ’n telling van 4-0 geklop het.

Charles lê tans gelyk met Jacobus le Roux van Panda’s op Secunda in die tweede plek en Veronica is in die 15de plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button