Tasso’s rolballiga sorg vir groot pret onder die rolbalspelers
Ball of Fury is aan die voortou met 27 punte met EMB tweede met 22 punte, ETTC is derde met 21 punte, Ermelo Vleismark is vierde met 19 punte en Rotariërs is in die vyfde plek met 18 punte.

Die Tasso’s rolballiga wat Dinsdag- en Donderdagaande plaasvind, is goed op dreef.
Die liga-uitslae vir Dinsdae is: Die Flinstones loop voor met 27 punte, M.O.T.H.-span is in die tweede plek met 27 punte, met Ermelo Fire & Signs derde met 25 punte, die
Tiger Milling span is vierde met 24 punte en Glasfit Cutter is vyfde met 23 punte.
Ball Buster is in die sesde plek, Ouma Rooi sewende, Majorsteel agtste, Under Dogs negende, Nashua 10de, Tassos 11de, Bolt & Nut 12de, Pan Solution A 13de en Brakecore 14de.
Die Donderdagaanduitslae is: Ball of Fury neem die voortou met 27 punte met EMB tweede met 22 punte, ETTC is derde met 21 punte, Ermelo Vleismark vierde met 19 punte en Rotariërs is in die vyfde plek met 18 punte.
Pan Solutions B is in die sesde plek gevolg deur Jokers in die sewende plek met Ermelo Toyota ook in die sewende plek, Deodata negende, Veeartse in die 10de plek, Ringbal 11de, Strauss Prokureurs 12de, Camel Madness 13de en VDB in die 14de plek.




