Local sportSport

Ermelo gimnaste presteer by die Suid-Afrikaanse Gimnastiek kampioenskap in Centurion

Nikita Damons het in vlak 6 deelgeneem. Sy het goue medaljes verwerf op al die apparate, en was aangewys as die algehele wenner vir vlak 6.

Drie gimnaste verbonde aan Ermelo Gimnastiekklub het presteer en medaljes verwerf tydens die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskap in Centurion.

Die kampioenskap het vanaf 2 to 6 Oktober plaasgevind.

Agt gimnaste van Ermelo Gimnastiekklub het aan die kampioenskap deelgeneem.

Handré Nel en Nikao du Toit het albei in vlak 4 deelgeneem, waar Nikao du Toit ’n silwermedalje verwerf het op die rekstok met ’n punte van 9.65 en Handré Nel het ’n bronsmedalje op die gelyke brug met ’n punt van 9.25 behaal.

Nikita Damons het in vlak 6 deelgeneem. Sy het goue medaljes verwerf op al die apparate, en is aangewys as die algehele wenner vir vlak 6.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button