Sport

Ligbron-onderwyseres blink uit by SA-meesters

Grobler het in verskeie items tydens die Suid-Afrikaanse Meestersatletiekkampioenskappe in die vroue bo 55 jaar ouderdomsgroep deelgeneem.

Elmarie Grobler van Ligbron Akademie vir Tegnologie het ná die Suid-Afrikaanse Meestersatletiekkampioenskappe nóg drie medaljes by haar prestasies gevoeg.

Grobler het in verskeie items in die vroue bo 55 jaar ouderdomsgroep deelgeneem.

Sy het goue medaljes in die 100 m en gewigstoot verower.

Elmarie Grobler. Foto | Verskaf/Ligbron Akademie vir Tegnologie

Daarby het sy ook ’n brons medalje in diskus verwerf.

Ligbron het hul trots uitgespreek op hulle Afrikaans-onderwyseres se prestasies op die atletiekbaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button