Local sport

Ermelo-rugbyspelers presteer tydens distriksrugby

Die hoofwedstryd tussen Gert Sibande se twee o. 12-spanne, die Ratels en Kwaggas, het toeskouers op die punte van hul sitplekke gehad.

Die afgelope naweek is daar hoë gehalte distriksrugby op Ligbron Akademie vir Tegnologie se velde gespeel.

Spanne van die Nkagala-, Ehlanzeni- en Gert Sibande-distrikte het teen mekaar meegeding.

Trompie van den Heever storm ‘n skop af. Foto | Wayne van der Walt

Die hoofwedstryd tussen Gert Sibande se twee o. 12-spanne, die Ratels en Kwaggas, het toeskouers op die punte van hul sitplekke gehad.

Onder luide toejuiging van die toeskouers, het die telbord deurgaans wipplank gery, met albei spanne wat besonderse vaardighede getoon het en daarvoor beloon is.

Janco Minaar vervul die rol van die skrumskakel. Foto | Wayne van der Walt

Laat in die tweede helfte het dit egter voorgekom of die momentum in die Kwaggas se guns swaai, met verskeie strafskoppe wat deur die Ratels afgestaan is.

Die Ratels was met 19-21 agter, maar ná ‘n strafskop teen die Kwaggas het die Ratels die geleentheid gekry om vir die laaste keer in die Kwaggas se doelgebied te speel.

Sien al die foto’s HIER

Lees die volledige wedstrydverslag in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button