Local sport

Ermelo se jong ruiters behaal goeie uitslae op nasionale vlak

Sewe jong deelnemers van drie plaaslike skole het hul vaardighede tydens ’n groot perdrybyeenkoms teen sterk mededinging getoets.

ERMELO – Sewe plaaslike ruiters het van 28 September tot 2 Oktober hul skole tydens ’n nasionale Western Mounted Games-byeenkoms in Parys verteenwoordig.

Altesaam 742 perde het in verskillende klasse meegeding, met ruiters van regoor Suid-Afrika wat aan die byeenkoms deelgeneem het.

Ermelo se deelnemers was Larice du Plooy van Laerskool JJ van der Merwe, Karlien de Beer en Cate Meyer van Ligbron Akademie vir Tegnologie, asook Hannah Potgieter, Clarisse Moolman, Donnay Pretorius en Carla van der Walt van Hoërskool Ermelo.

Without taking away from the printed article’s call to action

  • Hannah Potgieter het eerste algeheel in SANESA Vlak 1 geëindig en daarna na SAWMGA Vlak 2 opgeskuif.
  • Larice du Plooy het ’n plek onder die top 10 ruiters in haar afdeling behaal.
  • Karlien de Beer het vyfde algeheel in SANESA Rising Stars geëindig.
  • Cate Meyer het aan beide die SANESA- en SAWMGA-kompetisies deelgeneem.
  • Clarisse Moolman het haar skool op nasionale vlak in beide kompetisies verteenwoordig.
  • Donnay Pretorius het ook aan die SANESA- en SAWMGA-kompetisies deelgeneem.
  • Carla van der Walt het op die gevorderde SAWMGA Vlak 3 en Vlak 4 meegeding.

Western Mounted Games vereis spoed, presisie, behendigheid en goeie kommunikasie tussen perd en ruiter.

Lees meer oor die sewe Ermelo-ruiters se volledige uitslae, hul posisies in die onderskeie afdelings en die uitdagings van die verskillende kompetisievlakke in die Highvelder se gedrukte uitgawe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button