Local sport

SAJWV-skuts laat die skote klap by Vlakfontein-skietbaan

Die wenspan van die dag was Overwatch, en die beste manskuts was Piet van den Heever en Deon de Villiers.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Rietboktak het onlangs ’n skietdag by die Vlakfontein-skietbaan aangebied.

Vir die dag is daar ses bane met sowat 30 teikens opgestel, wat die skuts vanuit verskillende posisies moes aandurf.

’n Power-ghong is op baan sewe op ’n onbekende afstand opgestel, en die skuts wat die teiken kon raakskiet, het ’n kans gestaan om ’n .300-geweer te wen. Al hue name is in ’n hoed geplaas en Gawie Hattingh van Centurion was die gelukkige wenner.

Die wenspan van die dag was Overwatch, en die beste manskuts was Piet van den Heever en Deon de Villiers.

Izél Beylefeld is as die beste vroueskut vir die dag aangewys.

Die tak se bestuur het almal vir hul ondersteuning bedank.

“Dankie ook aan elke borg wat die dag moontlik gemaak het. Sonder jul ondersteuning sou dit nie suksesvol gewees het nie,” het Elize Barnett, ‘n bestuurslid, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button