SAJWV-skuts laat die skote klap by Vlakfontein-skietbaan
Die wenspan van die dag was Overwatch, en die beste manskuts was Piet van den Heever en Deon de Villiers.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Rietboktak het onlangs ’n skietdag by die Vlakfontein-skietbaan aangebied.
Vir die dag is daar ses bane met sowat 30 teikens opgestel, wat die skuts vanuit verskillende posisies moes aandurf.
’n Power-ghong is op baan sewe op ’n onbekende afstand opgestel, en die skuts wat die teiken kon raakskiet, het ’n kans gestaan om ’n .300-geweer te wen. Al hue name is in ’n hoed geplaas en Gawie Hattingh van Centurion was die gelukkige wenner.
Die wenspan van die dag was Overwatch, en die beste manskuts was Piet van den Heever en Deon de Villiers.
Izél Beylefeld is as die beste vroueskut vir die dag aangewys.
Die tak se bestuur het almal vir hul ondersteuning bedank.
“Dankie ook aan elke borg wat die dag moontlik gemaak het. Sonder jul ondersteuning sou dit nie suksesvol gewees het nie,” het Elize Barnett, ‘n bestuurslid, gesê.