Local sport

Ermelo Athletic-klub neem aan Highveld 4-in-1 deel

Die Ermelo Athletic-klub het op 1 April sy jaarlikse Highveld 4-in-1 Marathon aangebied.

Die Ermelo Athletic-klub het op 1 April sy jaarlikse Highveld 4-in-1 Marathon aangebied.

In die vroue se 10 km-opeafdeling was Este Lombard eerste en Zelda Keyser tweede.

Nomtundo Dlamini was eerste in die 10 km-juniorafdeling.

Johanie Ferreira was eerste oor die eindstreep in die 10 km-afdeling vir vroue bo 50.

In die mans se 10 km-opeafdeling was Mthombeni Mahlobo eerste en Lindokuhle Zwane tweede.

Zwane was ook die wenner in die 10 km-juniorafdeling, Motse Mofeking het die 10 km-afdeling vir mans bo 40 gewen en Hezekiel Kgomodimetse die 10 km-afdeling vir mans bo 50.

Die wenner in die vroue 21,1 km-opeafdeling was Fransuné du Toit, met Annari Pienaar tweede en Tanya Beukes derde.

Nthombikhona Huza het die vroue 21,1 km vir vroue bo 40 gewen.

In die mans se 21,1 km-opeafdeling was Derrick Masanga eerste en Erick Nkoso tweede.

Zander Pohl het die 21,1 km vir mans bo 40 gewen en Corneels Beukes die 21,1 km-afdeling vir mans bo 50.

Ziphindile Dlamini was eerste in die vroue 42,2 km-opeafdeling, met Simoney Coetzee tweede en Daphney Sithole derde.

In die vroueafdeling vir vroue bo 40 was Vicky Hencock eerste en Belinda Ludick het die afdeling vir vroue bo 50 gewen.

Ermelo Atletic-klub het elke borg vir die marathon bedank.

“Dankie aan elke atleet, die gemeenskap, asook elke beampte wat die atlete gehelp het. Sonder julle sou die marathon nie moontlik gewees het nie,” het Andries Koekemoer, die Ermelo Marathonklub se voorsitter, gesê.

Related Articles

Back to top button