Local sport

Twee Ermelo Marathonklub-atlete presteer by Twee Oseane half-marathon

Andries Koekemoer het ook aan sy eerste maraton na sy rugoperasie deelgeneem.

Twee lede van die Ermelo Marathonklub het onlangs aan die Twee Oseane half-marathon in Kaapstad deelgeneem.

Tanya Beukes het dié marathon in ‘n tyd van 01:55:32 voltooi, terwyl Marieta Ziervogel in ‘n tyd van 01:55:22 oor die eindstreep gedraf het.

Die klubvoorsitter, Andries Koekemoer, het die vroue met hul prestasies gelukgewens.

Ses van die klub se lede het op 27 April aan die Bethal-2-in-1-marathon deelgeneem:

  • Rudie Snyman (21,1 km) – 01:44:00
  • Beukes (21,1 km) – 01:44:00
  • Nico Weweje (21,1 km) – 01:44:00
  • Koekemoer (10 km) – 00:58:31. Dit was sy eerste wedloop ná sy rugoperasie.
  • Elize Botha (10 km) – 01:00:31
  • Annaline Weweje (10km) – 01:20:00

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button