Local sport

Ermelo Rugbyklub laat Piet Retief les opsê

Ermelo het na die eerste helfte van die kragmeting met 25-14 die voortou geneem.

Ermelo Rugbyklub het op 10 Junie teen Piet Retief Rugbyklub op Ligbron Akademie vir Tegnologie se velde kragte gemeet.

Die manne van Ermelo het vroeg reeds gewys waarvan hul gemaak is en het die teenstanders se foute uitgebuit.

Ermelo het na die eerste helfte van die kragmeting met 25-14 die voortou geneem.

Zevey Geel het drie drieë vir die span aangeteken, Bernard du Plessis het twee drieë gedruk, terwyl Leon du Preez, Nickey Jansen van Rensburg, Luigi Cirigliano en Vuil Strydom elk een drie gedruk het.

Sien al die foto’s: HIER

Zevey Geel.

Arno de Vries het twee drieë verdoel, en een strafskop oorgeskop.

Ermelo het nege drieë aangeteken en die wedstyd met 52-19 gewen.

Niklaas Lauwrens is as die voorspeler aangewys en Zevey Geel was die agterspeler van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button