Local sport

Ligbron se eerste hokkiespan skitter

Sover hierdie seisoen, met sewe ligawestryde agter die rug, is hul onoorwonne.

Ligbron se eerste hokkiespan, wat vir die afgelope paar jaar deur Vusi Nkosi afgerig word, is midde in nog ‘n suksesvolle seisoen.

Op die Sa School Sport webwerf was die span op 13 Mei 33ste op die ranglys uit 126 seunshokkiespanne landwyd.

Sover hierdie seisoen, met sewe ligawestryde agter die rug, is hul onoorwonne.

Die span met agt nuwelinge, word aangevoer deur drie ervare spelers Ameen Tikly, Ruben Kruger en Jakus Olivier.

Hul ligewedstryd uitslae lyk soos volg:

  • Hoërskool Ermelo: 7 – 0
  • Hoërskool Piet Retief: 5 – 2
  • Hoërskool Standerton: 6 – 0
  • Hoërskool Volksrust: 12 – 0
  • Hoërskool Secunda: 7 – 0
  • Highveld Park: 11 – 0
  • Hoërskool Oosterland: 2 – 1

Die span het ook in hul voorseisoen verskeie vriendskaplike wedstryde gewen.

As deel van hul voorbereiding het hulle tydens die April-vakansie aan ‘n hokkietoernooi op Tzaneen deelgeneem wat deur Hoërskool Merensky aangebied is.

Tydens die toernooi het hulle vier van hul vyf wedstryde gewen.

In hul wedstryd teen die gasheerskool het hulle gelykop geëindig.

“Ligbron is trots op hierdie span wat die skool se naam hoog hou,” het skoolhoof, Gerhard Brand gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button