Local sport

Trek jou pers Speedo aan en kom draf saam by Kralinbergh

Deur deel te neem, word mans daaraan herinner om hul gesondheid ernstig op te neem en ander aan te moedig om gereeld toetse te laat doen.

Ermelo sal op 1 November 2024 die jaarlikse Hollard Daredevil Run aanbied, waar deelnemers op die Kralinbergh Gastehuis se parkrunroete gaan hardloop, geklee in niks anders as pers Speedos en tekkies nie.

Hierdie geleentheid het ten doel om bewusmaking vir testikulêre- en prostaatkanker te bevorder, in vennootskap met die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) en die Prostaat Kanker Stigting.

Die Daredevil Run, bekend vir sy ongewone kleredrag, is daarop gemik om gesprekke oor mansgesondheid aan te moedig, veral oor die belangrikheid van vroeë opsporing van manlike kankers.

Testikulêre kanker, wat meestal mans tussen die ouderdomme van 15 en 35 raak, is een van die mees behandelbare vorme van kanker as dit vroegtydig opgespoor word. Prostaatkanker is ook hoogs geneesbaar wanneer dit in sy vroeë stadiums gediagnoseer word.

Kom wys jou ondersteuning en registreer vandag. Foto: DAREdevil Run Facebookblad

Deelnemers word aangemoedig om die gees van die dag te omarm en hul inhibisies te laat vaar om bewusmaking te skep.

Hoewel die kleredrag ongewoon is, bly die doel van die dag ernstig. Deur deel te neem, word mans daaraan herinner om hul gesondheid ernstig op te neem en ander aan te moedig om gereeld toetse te laat doen.

Volgens Eugene Oosthuizen, organiseerder van die Ermelo-geleentheid, kan dié wat nie kan deelneem nie,  steeds bydra deur donasies te maak of die hardlopers op die dag te ondersteun.

Alle fondse wat ingesamel word, sal gebruik word om vroeë opsporingsinisiatiewe te befonds en bewusmaking oor die belangrikheid van gereelde toetsing vir testikulêre- en prostaatkanker te verhoog.

Geleentheidsbesonderhede:

  • Datum: 1 November 2024
  • Tyd: 17:00
  • Plek: Kralinbergh Gastehuis & Trou Venue
  • Afstand: 5km

Vir meer inligting of om vir die geleentheid te registreer, kontak Eugene by 082 542 9067.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button