Ligbron bied suksesvolle gholfdag aan
Rhyno Schilling het die septer geswaai, met Werner Engelbrecht in die tweede plek en Bennie Kriel derde.
Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs sy jaarlikse gholfdag aangebied, en dit was soos elke jaar ‘n groot sukses.
Die dag is deur die Ligbron Old Boys and Beautiful Girls klub georganiseer. Heelwat plaaslike besighede het die dag ondersteun deur putjies te beman.
Daar was ‘n goeie opkoms van spelers wat aan die IPS kompetisie deelgeneem het met groot pryse op die spel.
Aan die einde van ‘n warm dag was Rhyno Schilling die wenner, met Werner Engelbrecht in die tweede plek en Bennie Kriel het derde geëindig.
Die langste dryfhou deur ‘n dame is by die agtste putjie deur Carine Olivier aangeteken.
Henré Naudé het by die 17de putjie die langste dryfhou in die manskompetisie aangeteken.
“Die organiseerders van die dag, Pierrie van Wyngaart, DC en Ida Swart en Anneline Labuschagne se lang ure van beplanning en harde werk het weereens gesorg vir ‘n heerlike dag en suksesvolle fondsinsameling vir die skool,” het Gerhard Brand, skoolhoof gesê.
Hulle is dankbaar teenoor die sakelui wat hulle ondersteun het en die personeel van Ligbron wat hul ondersteun het in hierdie projek.