Hardloop, stap en geniet die volle spektrum: Glen Aggy 2025
Die Glen Aggy Trail Run keer op 4 Oktober terug met vier afstande, natuurskoon roetes en ’n feestelike atomosfeer.
Die jaarlikse Glen Aggy Trail Run word vanjaar vir die sesde keer aangebied op Saterdag 4 Oktober, en beloof weereens om ’n hoogtepunt op die plaaslike sportkalender te wees.
Die geleentheid lok jaar na jaar hardlopers en stap-entoesiaste van regoor die streek.
Deelnemers kan kies tussen vier afstande – 3 km, 5 km, 10 km en 23 km – wat wissel van kort, gesinsvriendelike roetes tot langer uitdagings vir meer ervare veldlopers.

Die roetes lei deelnemers deur die landelike natuurskoon, met die terrein wat wissel van oop veld tot kronkelende paadjies en waterkruisings.
Elke afstand begin vroegoggend en daar is voldoende waterpunte langs die roetes.
Die dag eindig met ’n prysuitdeling teen ongeveer 11:00, waar die wenners in die verskillende afdelings aangekondig sal word.
Alle deelnemers ontvang ook ’n medalje as aandenking.

Vooraf inskrywings sluit op 1 Oktober, maar laatinskrywings kan die oggend van die wedloop tussen 05:00 en 06:00 by die beginpunt gedoen word.
Vir meer inligting of navrae kan Konrad Munnik by 083 957 9741 gekontak word, of per e-pos by gatrailrun@gmail.com.
Voorafinskrywings kan by www.entryninja.com gedoen word.



