Local sport

Tegniese uitdagings hou Ermelo-renjaers op hul tone

Die Toyota Gazoo Racing SA Ermelo Tydwedren het opwindende kompetisie en tegniese uitdagings vir bestuurders gebied.

Die Toyota Gazoo Racing SA Ermelo Tydwedren se rondes 5 en 6 het plaaslike en nasionale kampioenskapsryers saam op Ermelo se uitdagende roetes gebring.

Benjamin Habig en Barry White het albei rondes in hulle Volkswagen Polo gewen en hul posisie in die NRC1-klas versterk.

Jono van Wyk en Nico Swartz het in ronde 6 net 14 sekondes agter die voorlopers geëindig nadat tegniese probleme hulle in ronde 5 vroeër laat uittree het.

Johan Strauss sr. en navigeerder Caro Storm ry deur stofwolke tydens die Ermelo tydwedren.
Johan Strauss sr. en navigeerder Caro Storm skop stof op op die Ermelo-roetes. Foto | Wayne van der Walt

Ander deelnemers moes swaar werk om die roetes te trotseer.

Plaaslike renjaers, Paul van Niekerk en Willemjan Human, sowel as Johan Strauss sr. en navigeerder Caro Storm, het in verskillende rondes probleme met hul motors beleef, wat hul wedstryde beïnvloed het.

Johan Strauss jr., of Johantjie, het saam met navigeerder Kemaine Venter in ronde 6 weens tegniese probleme nie die eindstreep bereik nie.

Johan Strauss jr. en navigeerder Kemaine Venter ry vinnig oor Ermelo se uitdagende roetes tydens die tydwedren.
Johan Strauss jr. en navigeerder Kemaine Venter tydens die Ermelo tydwedren.

Ten spyte van die struikelblokke het die bestuurders hul vaardigheid, moed en vasberadenheid getoon.

Vir die volledige berig, maak seker om vandeesweek jou kopie van die Hoëvelder te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button