Ligbron o. 17’s gekroon as Mpumalanga se sewes-kampioene
Met sterk verdediging en spanwerk het Ligbron se o.17’s die Mpumalanga Sewes-rugbykampioenskap op Bethal gewen.
Die o. 17’s-seunsrugbyspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie is die afgelope Saterdag tydens die Mpumalanga sewes-toernooi in Bethal as kampioene gekroon.
Die toernooi is deur Hoërskool Hoogenhout aangebied.
Die span het al drie hul poelwedstryde gemaklik gewen voordat hulle in die halfeindronde met HTS Middelburg afgereken het.
Die eindronde was teen Hoërskool Middelburg, wat hul toe ook met oortuiging gewen het.
o. 17 volledige uitslae:
-
Ligbron vs Hoërskool Nelspruit: 31 – 19
-
Ligbron vs Hoërskool Middelburg 2: 38 – 12
-
Ligbron vs Hoërskool Piet Retief: 31 – 15
-
Halfeindronde: HTS Middelburg: 31 – 10
-
Eindronde: Hoërskool Middelburg: 21 – 7
Die o. 15’s het ook ’n sterk vertoning gelewer en derde in Mpumalanga geëindig.
Hulle het drie van vier poelwedstryde gewen en in die stryd om derde plek, Hoërskool Piet Retief verslaan.
o. 15 volledige uitslae:
-
Ligbron vs Hoërskool Secunda: 15 – 28
-
Ligbron vs HTS Middelburg: 35 – 26
-
Ligbron vs Hoërskool Ermelo: 40 – 12
-
Ligbron vs Hoërskool Middelburg B: 34 – 13
-
Halfeindronde: Hoërskool Nelspruit: 24 – 29
-
Derde plek: Hoërskool Piet Retief: 17 – 15



