Local sport

Bou jou kind se selfvertroue by Ermelo Stoeiklub

Die Ermelo Stoeiklub open weer op 19 Januarie en nooi kinders van vyf jaar en ouer om deel te word van ’n aktiewe en ondersteunende sportklub.

Die Ermelo Stoeiklub open weer sy deure op Maandag, 19 Januarie, wanneer oefeninge vir die nuwe seisoen amptelik begin.

Kinders van vyf jaar en ouer kan registreer om by die klub aan te sluit.

Volgens klubvoorsitter Reghardt van Niekerk bied stoei nie net fisieke ontwikkeling nie, maar speel dit ook ’n belangrike rol in die bou van dissipline en selfvertroue by jong deelnemers.

Die klub sien uit na ’n nuwe jaar van groei en sportiewe prestasies.

Meer besonderhede oor die klub en oefentye is beskikbaar in hierdie week se gedrukte uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button