Local sport
Ligbron rugbyspanne dominant teen Eldoraigne in skildafdeling
Verskeie Ligbron spanne het gemaklike oorwinnings behaal in hul openingswedstryde in die Skildafdeling van die Virseker Noordvaal-Beker
Ligbron se rugbyspanne het die afgelope naweek op Ermelo ’n sterk begin gehad in die Skildafdeling van die Virseker Noordvaal Beker met ’n reeks oorwinnings oor Hoërskool Eldoraigne.
Die Liggies het met indrukwekkende spanwerk, spoed en fisiese spel oorheers en verskeie wedstryde oortuigend gewen.
Eldoraigne het in die meeste wedstryde onder druk gesukkel.

Resultate het onder meer ingesluit oorwinnings vir Ligbron se o.14A, o.14B, o.15A, o.15B, o.16B, derdes, tweedes en eerstes, met slegs een nederlaag vir Ligbron o.16A teen Eldoraigne o.16A (21–18).
Sien die volledige uitslae in die gedrukte weergawe van die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



