Local newsNews

Wen met jou potjie by kerk se kompetisie

Beoordeling vind om 2nm plaas en opskeptyd is 2.30nm

Kom skryf ’n potjie in.

Die Afrikaanse Protestantse Kerk Kempton Park hou op 7 September ’n potjiekoskompetisie by die kerk, hoek van Rietfonteinweg en Pioneerstraat, Glen Marais.

Dit begin om 10vm en jy moet jou eie pot en bestanddele bring.

Die eerste prys is R800, tweede prys R500 en derde prys R200.

Talle ander pryse, soos byvoorbeeld vir mooiste tafel, sal ook toegeken word.

Beoordeling vind om 2nm plaas en opskeptyd is 2.30nm. Potjiekos sal te koop wees na die beoordeling teen R40 ’n bord met bykosse. Bring jou eie eetgerei. Vir meer besonderhede, skakel Carin Venter by 082 879 7623.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button