Schools

Video: Jonges leer oor misdaad, veiligheid en polisiehonde

Polisiebeamptes het jong leerders oor misdaad, veiligheid, polisiehonde en die gevare van dwelms geleer.

Die Wes-Rand Blitspatrollie (WRB), soek-en-reddingseenheid asook honde-eenheid het op 19 Augustus Protie Kleuter Akademie besoek om leerders oor misdaad en veiligheid bewus te maak.

Adjuant-offisier Reinier Henning en Hanré van As gedurende die besoek. Foto: Heinrich Greyling

Volgens WRB-woordvoerder Karen du Plessis is jong kinders kwesbaar en bied sulke besoeke hulle ’n beter perspektief op misdaad. Beamptes het die leerders onder meer geleer hoe om hulself veilig te hou, asook oor polisiehonde en die gevare van dwelms.

Polisiehond, Duke, by die skool. Foto: Heinrich Greyling

Skoolhoof Helena Koekemoer het gesê die leerders was baie opgewonde oor die besoek, aangesien hulle min blootstelling aan die polisie het.

Danté Steenkamp dra 'n koeëlvaste baadjie. Foto: Heinrich Greyling

Kyk die video hier:

@caxton.jhbwest

Adjuantoffisier Reinier Henning wys leerders die polisiehond. Hy vertel dat Duke hom bystaan om mense te help soek.

♬ original sound – Caxton JHB West

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Check Also
Close
Back to top button