CrimeNews

Misdadigers het geen vrees

Dit lyk asof die gevestigde misdaadkultuur in Suid-Afrika verskerp het tot ‘n uittarting van gesag.

Die moord op ‘n senior polisie-offisier en streeksbevelvoerder van Johannesburg en die Wes-Rand, Maj-Gen Tirhani Simon Maswanganyi, is buiten die minagting vir lewe ‘n aanduiding dat misdadigers geen vrees vir wetstoepassingsagentskappe meer het nie, sê Jaco Mulder, VF Plus LPW en lid van die Portefeuljekomitee vir Gemeenskapsveiligheid vir Gauteng.

Dit volg nadat Maswanganyi, wat meer as 30 jaar polisiediens het, se liggaam vandag naby Hammanskraal onder eienaardige omstandighede gevind is.

“Die moordenaars het duidelik, ongeag die motief, geen vrees vir wetstoepassing of vervolging. Dit lyk asof die gevestigde misdaadkultuur in Suid-Afrika verskerp het tot ‘n uittarting van gesag.

“Hierdie buitengewone omstandighede is ‘n wekroep tot beter leierskap in die veiligheidsgemeenskap as wat tot dusver getoon is,” het Mulder gesê.

Die VF Plus simpatiseer met die familie van Maswanganyi se naasbestaandes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Check Also
Close
Back to top button