Local newsNews

Lombard maak gemeenskap veiligheids bewus

Kliënte van Key West het gratis veiligheidstoetse op hulle bande, batterye en skokbrekers as deel van Lombard Bande se 30 Dae van Veiligheid veldtog ontvang.

As deel van Lombard Bande se 30ste betaansjaarvieringe, het hul die 30 Dae van Veiligheid veltog by Key West inkopiesentrum op 21 Junie geloots.

“Die missie van die 30 Dae van Veiligheid is om die gemeenskap van winter veiligheid bewus te maak, veral tydens die winter skoolvakansie,” sê Yolandi Heyns, Bemarkingsbeampte en woordvoerder vir Lombard Bande in Krugersdorp.

Die tema van die veldtog is, Veiligheid is die sleutel van elke goeie Reis.

Die Lombard Bande span, saam met die veldtog se vennote; Key West bestuur, SA Custom Wheels, Willard Batteries en Shock absorbers het as deel van die veldtog die kliënte van Key West gratis veiligheidstoetse op hulle bande, batterye en skokbrekers aan gebied in die parkeerarea.

In spanne van 10 het Lombard Bande ook verskeie kliënte genader by hul voertuie om bande inspeksies uit te voer terwyl hulle hul inkopies kan geniet.

Daar was ook gratis skokbreker toetse aangebied by ‘n reuse Gabriel ‘Inflatable shock tester’ by ingang een voor die Virgin Active gimnasium.

Willard het ook ‘n uitstalling reg langs Gabriel opgeslaan waar die Willard-spanne in die parkeerarea in beweeg het om gratis battery toetse te doen.

Gelukkige kliënte het afslag bewysstukke ontvang vir verskeie produkte.

Ander kliënte kon ‘n gratis rit in die Lombard Bande golfkarretjie vanaf hul motor tot by die ingang as deel van bederf geniet.

Die Lombard span het ook ‘n Custom Wheels uitstalling binne die sentrum gehad waar kliënte kon deelneem aan ‘n geluktrekking.

Lombard Bande se Hoof Uitvoerende Beampte, Renier Botha het selfs by die pret geleentheid kom aansit om sy deel terug te gee aan die gemeenskap deur gratis veiligheidstoetse op bande uit te voer.

“Met hierdie 30 Dae van Veiligheid veldtog gaan ons fokus op die publiek se veiligheid.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button