Local newsNews

Hervormde Kerk in Magalies word 60

"Dit was 'n wonderlike ervaring om al die stukkies van lank gelede bymekaar te maak en dit met al die nuwes in te kleur."

Die kamer langs die nissies by die Hervormde Kerk in Magaliesburg spog met ‘n foto-uitstalling wat oor ses dekades strek.

Die opening van die fotogalery was op Sondag 9 Junie.

Aangesien daar reeds twee gedenkblaaie uitgegee is – een in 1963 toe die kerk 10 jaar oud was en in 2003 op die kerk se vyftigste verjaarsdag, het Helena Hattingh gevoel dat daar vir die 60ste verjaarsdag iets anders gedoen moes word.

“Foto’s neem is een van my passies, daarom kon ek my eie foto’s wat ek deur die jare bymekaar gemaak het in ‘n fotoprojek gebruik.

“Dit was ‘n wonderlike ervaring om al die stukkies van lank gelede bymekaar te maak en dit met al die nuwes in te kleur. Dit was ‘n bonus dat ek foto’s van al ons oudpredikante, 13 in totaal, kon kry.

“My fokuspunt was die jaar 2013. Daar is van elke gesin ‘n foto geneem en dit is netjies, soos antieke foto’s, teen die muur gehang.

“Ons het in 2011 met groot sukses ‘n Paasspel – Die Opstanding geskryf en opgevoer en ‘n Kersspel aan die einde van 2012. Hierdie twee gebeurtenisse word fisies uitgestal.

“My dank gaan aan die Hemelse Vader vir soveel genade en krag.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button