Local newsNews

Kruising stuur op ‘n ramp af

Die Verkeersdepartement word dringend versoek om in te tree.

Na talle klagtes aan die NUUS is daar ondersoek ingestel om ‘n dringende versoek aan Mogale City se Verkeersdepartement te rig om die kruising van Hoofrifweg en Chamdorstraat te beveilig.

Verskeie motoriste meen dat hierdie kruising op ‘n ramp afstuur aangesien daar by elke kleurverwisselling ‘n bestuurder is wat dit verontagsaam.

Die NUUS het onlangs tydens spitsverkeer by hierdie kruising gaan waarneem waaroor die motoriste kla en was verstom om te sien hoe bestuurders van motors, trokke en minibusse hulle lewens in gevaar stel wanneer hulle oor hierdie kruising ry.

Die ergste is wanneer bestuurders van Hoofrifweg wil regs draai om onder deur die treinbrug na Voortrekkerweg te ry – hier vat bestuurders die meeste kanse.

Aankomende bestuurders van Lewisham onderweg na Mindalore sal voet in die hoek sit sodra die verkeerslig oranje slaan, wat dit onsettend moeilik maak vir motoriste wat regs wil draai. Daar is nie ‘n manier dat hulle genoeg tyd sal hê om te stop nie, hoe nog om uit die jagende motor se pad te kom? Ergste van als is dat trokbestuurders ook van die is wat onder die skuldiges val.

Die NUUS is bewus van ‘n paar ongelukke wat al by hierdie kruising plaasgevind het, maar genadiglik nog nie ernstig nie. Meeste van die klagtes wat deur die NUUS ontvang word gaan gewoonlik gepaard met die stelling “dis net ‘n kwessie van tyd”.

Die Verkeersdepartement word dringend versoek om in te tree deur die verkeerslig te vervang met ‘n verkeerslig wat ‘n pyltjie bied vir motoriste wat regs wil draai.

Daar moet ook strenger opgetree word teenoor dié wat oor die rooi verkeersligte jaag.

Intussen moet motoriste maar paraat wees en die kruising veilig kruis en padreëls gehoorsaam.

Ons wil graag weet wat u mening is oor hierdie probleem. Laat gerus u kommentaar by die artikel op ons webwerf www.krugersdornews.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button