Local newsNews

Motorhandelaar gereed vir nuwe uitdagings

Die Action Ford Krugersdorp-tak sien daarna uit om na 'n nuwe perseel in Voortrekkerweg te trek.

Die nuwe gebou van een van Krugersdorp se voorste en oudste motorhandelaars is in sy finale fases en behoort einde September kant en klaar te wees. Die ingebruikneming van die nuwe perseel sal met ‘n karnavaltema ingelui word.

Hartogh Streicher, die handelaarshoof van die Action Ford-tak in Krugersdorp wat Voortrekkerweg eersdaags hulle nuwe tuiste gaan noem, sê die skuif van Kommissarisstraat in die sakekern van Krugersdorp af was noodsaaklik omdat die besigheid deur die jare gegroei het.

“Om voort te gaan om dieselfde kwaliteit diens en produkte wat ons die afgelope 65 jaar aan ons gemeenskap gegee het te kan voortsit, moes ons ‘n groter perseel vir ons besigheid kry.”

Die nuwe perseel, waarvan die beplanning reeds 70 persent klaar is, sal ‘n oppervlakte van omtrent 4 000m² beslaan en verskeie elemente insluit wat nie nadelig vir die omgewing is nie.

“Ons het verskeie groen elemente ingebring, soos energiedoeltreffende ligte wat self afskakel sodat ligte nie onnodig brand nie.”

Braam van der Walt, die ontwikkelaar sê die gebou is so beplan dat min elektriese lig nodig sal wees omdat natuurlike lig meestal voldoende sal wees.

“Selfs die verwarmers sal deur middel van ultravioletlig werk.”

By die nuwe perseel sal 15 plaaslike inwoners in diens geneem kan word.

Alhoewel Action Ford se tak na ‘n nuwe perseel verskuif, sal GWM en Mazda se Krugersdorp-takke steeds in Kommissarisstraat wees.

Streicher sê hy bedank die publiek vir die jare se ondersteuning en dat hulle kon uitbrei om ‘n beter diens vir hulle kliënte te kan lewer.

“Alhoewel ons ‘n klein motorhandelaar is, het ons al verskeie pryse gewen en was ons een van die toppresteerders in Ford Suid-Afrika se jaarlikse landswye kompetisies.”

Vir meer inligting oor hulle produkte en diens kontak Action Ford by 0860 ACTION (228466).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button