
‘n Man van Kagiso is op 9 Julie omstreeks 3nm vir die besit van dwelms in hegtenis geneem nadat die polisie op ‘n wenk gereageer het.
Volgens adjudant-offisier Solomon Sibiya, woordvoerder van die Kagiso Polisie was die polisie besig om die area te patrolleer toe hulle inligting ontvang het dat dwelms by ‘n huis verkoop word.
“Met die polisie se aankoms by die gegewe adres het hulle ‘n onbekende man by die hek gekry. Die verdagte het iets in sy hand gehad waarna die polisie hom deursoek en nyaope-dwelms in sy sakke gekry het.”
Sibiya sĂȘ hy is op die toneel in hegtenis geneem en by die Kagiso Polisiestasie aangehou tot sy hofverskyning in die Kagiso Landdroshof.
‘n Saak vir die besit van onwettige dwelms is teen hom geopen.
