Local newsNews

Waterkrisis: munisipaliteit maak beloftes

Die munisipaliteit beloof dat inwoners vanaand water in hulle krane sal hê.

Technici wat aan die waterprobleem werk wat dele van Krugersdorp lamlê, beloof om die watertoevoer teen 6nm vanaand 5 September herstel te hê.

In ‘n persverklaring wat deur die munisipaliteit uitgereik is, sê Nkosana Zali, die munisipale woordvoerder dat technici tans aan die waterprobleem werk wat dele van Rangeview, Rant-en-Dal, Featherbrooke, Muldersdrift, Noordheuwel, Kenmare, Monument en Munsieville die afgelope twee dae teister en dat die toevoer binnekort herstel sal wees.

“Oor die afgelope paar maande het ons Artikel 80 Komitee oor Infrastruktuur onder andere gekyk na die behoeftes om hulpbronne aan te wend om die verouderde infrastruktuur op te gradeer en op te knap. Verskeie projekte is vir onmiddellike aandag geïdentifiseer en raadslede en munisipale amptenare het oor tydskedules daarvoor ooreengekom.”

Hy sê technici kamp al van Dinsdag 3 September by die Kenmare-reservoir uit om al die nodige werk te doen en om die voeë wat gelek het, te seël. Hulle is ook besig om ‘n alternatiewe watertoevoer aan huishoudings daar te stel deur pype om die reservoir te lei.

“Terwyl daar gewerk is, het die munisipaliteit tenks met water by verskeie punte voorsien as ‘n gebeurlikheidsplan vir die inwoners van die geaffekteerde areas.”

Hy sê dat onvoorsiene omstandighede die werk belemmer het maar dat dit vanoggend 5 September weer op dreef gekom het.

“Die technici het ons verseker dat die watertoevoer weer teen 6nm herstel sal wees en dat al die geaffekteerde gebiede weer water sal hê. Omstreeks 10nm sal daar aan die omleipype gewerk word, wat sal beteken dat die waterdruk in huishoudings laer sal wees, maar teen 1vm môre-oggend behoort alles weer terug na normaal te wees.”

Zali sê dat die werk tot ongeveer 23 September gemoniteer sal word, maar dat hy vol vertroue is dat die probleme teen daardie tyd opgelos sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button