Gospel-sanger in Krugersdorp
Hessel het die wonderlike gawe om mense te laat lag, te laat huil, te laat ontspan en te laat saamsing.
Die Sama-benoemde Christen-sanger Hessel van der Walt tree Saterdagoggend 5 Oktober as gaskunstenaar om 10nm tydens die Gemeente sonder Mure se Woema vir jou Siel-oggend op.
Sy duetmaat Mariesia, inwoner van Krugersdorp en dus geen onbekende in die kontrei nie, sal deel van die program wees. Die heerlike oggendtee vind in Dorothyweg 15, Heuningklip plaas.
Hessel het die wonderlike gawe om mense te laat lag, te laat huil, te laat ontspan en te laat saamsing. Sy grootste vreugde en Lekkerste Lekker (sy eerste sekulêre trefferliedjie) is om met sy gehore die vreugde en blydskap van Jesus Christus te deel.
Na 30 jaar in die musiekbedryf en met talle nommer-een treffers uit sy pen – meeste in die gospel-genre – boul Hessel se kragtige, diep warm stem, deernis en liefde jou uit.
Hierdie is ook die vrystelling van sy nuutste kinder- en gesinsalbum Hoffie en oom Hes: Sing en vertel.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om hierdie verrykkende oggend vir die kontrei se mense by te woon.
Kontak Marie van der Watt vir volledige inligting en kaartjies by 084 503 4471.
