Die Wildevye se sagte harte
Plaaslike apteek help minderbevoorregte oumensies van Randfontein.
Die Wildevy Manne is ‘n niewinsgewende organisasie wat fondse insamel vir minderbevoorregte mense en instansies.
Die groep manne wat in die Burgersfort-omgewing in Mpumalanga met die hulp van Die Wildevy 4×4 Gesindag en ander projekte fondse insamel, het vanjaar Randfontein se Vriendskapstuiste as een van die instansies geïdentifiseer waaraan hulle hulp verleen.
Matrone Elsa Erasmus het aangedui dat die ouetehuis ‘n behoefde het aan toerusting wat dit makliker vir die bejaardes sal maak om die badkamer te gebruik.
Met die R5 000 wat aan die tuiste geskenk is, is die hulp van Dis-Chem Krugersdorp ingeroep om in die behoeftes te voorsien. Die winkelbestuurder Rodger Brown en Francois Roos het werklik uit hul pad gegaan om die nodige toerusting in die hande te kry.
Dis-Chem Krugersdorp het ook uitgereik deur skoonmaakprodukte te skenk. Die pragtige gebaar word werklik waardeer en is met groot dankbaarheid deur die tehuis ontvang.
