CrimeLocal newsNews

Duisende rande se goedere gebuit

Diewe het by 'n pakhuis in Factoria ingebreek en duisende rande se goedere gebuit.

Sowat R40 000 se goedere is gedurende die nag van 8 Oktober gebuit toe daar by ‘n pakhuis in Factoria ingebreek is.

Basil Synodinos, die hoof uitvoerende beampte van President Hyper sê die goedere is uit hulle gehuurde pakhuis in Frederick Cooperweg gesteel.

Konstabel Thsepiso Mashale, die woordvoerder van die Krugersdorp Polisiestasie bevestig die voorval en sê die sekuriteitswag wat by die pakhuis diens gedoen het, is teen 8nm deur drie gewapende mans oorval waarna hy met skoenveters vasgebind is. Hulle het hom in ‘n ander vertrek gelos terwyl hulle van die goedere in ‘n voertuig gelaai het.

Hy het teen omstreeks 2vm op 9 Oktober daarin geslaag om homself los te wikkel, sê die verklaring.

“Ons gaan na kringtelevisie-beeldmateriaal kyk om vas te stel presies wat gebeur het,” sê Mashale.

Die polisie soek nog na die inbrekers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button