Local newsNews

Lombard se 30 Dae-veldtogte duur voort

Lombard Bande loods projek om Krugersdorp te help vergroen.

Personeel by Lombard Bande in Krugersdorp het vandeesweek skouer aan die wiel gesit om hul deel te doen en die omgewing te vergroen.

Die NUUS het tydens hul besoek aan Laerskool Ebenhaeser ingeloer waar hulle op Woensdag 23 Oktober hard aan die werk was om bome te plant.

“Oral is mense tans besig met omgewingsprojekte as deel van 30 Dae van Groen – ons landswye veldtog om omgewingsbewustheid te kweek,” vertel Lombard se bemarkingsbestuurder Yolandi Heyns.

“Die veldtog sluit direk aan by projekte soos die 30 Dae van Omgee en 30 Dae van Veiligheid wat Lombard Bande onlangs ter viering van hul 30ste verjaarsdag geloods het.

“Daarom het ons besluit om die geleentheid te gebruik om ons deel vir die omgewing te doen en ook weer Lombard se verjaardsdag te vier.”

Laerskool Ebenhaeser was een van twee skole in Krugersdorp waar die Lombard-personeel 15 inheemse bome sou plant.

“Laerskool Protearif is ook genomineer vir die inisiatief,” sê Heyns.

As deel van die veldtog gaan Lombard Bande-personeel later ‘n skoonmaakprojek aanpak waartydens hulle rommel gaan optel, en hulle vlootvoertuie sal binnekort met rooi plastiekhorings of Rhinoses spog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button