Local newsNews

Jagters plant bome om bewustheid te kweek

Die Transvaal-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het hulle vingers groen gehou en bome by 'n plaaslike skool geplant.

Meer as 15 inheemse bome is op 29 Oktober by Laerskool Kwaggafontein in Tarlton geplant as deel van die Transvaal-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se opvolgbesoek.

Stephan du Toit, bewaringskoördineerder van die SAJWV sê hulle wil ‘n pad saam met die skool stap om omgewingsbewustheid onder leerlinge te kweek aangesien die skool in ‘n omgewing geleë is waar bedreigde spesies soos die grasuil en die brulpadda voorkom.

“Hierdie keer is daarop gefokus om verskeie inheemse bome op die skoolterrein te plant.”

Die bome en kompos is deur Jenneth Prinsloo, Hoof Uitvoerende Beampte van Plantwise geskenk. Hulle het ook plakkate oor omgewingsbewustheid, besoedeling en waterbesparing aan die skool geskenk.

“Omgewingsopvoedkundige praatjies sal later by die skool aangebied word,” sê Stephan.

Die SAJWV het in Augustus ongeveer R22 000 se boeke, wat deur lede van die Transvaaltak ingesamel is, aan die skool geskenk. Dit was deel van ‘n uitreikaksie om deur voortgesette bewaringsaktiwiteite mense bewus te maak van wat in hulle onmiddellike omgewing aangaan en om die klem op bewaring en volhoubare benutting te plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button