Local newsNews

R24-naamsverandering help niks

Die Vryheidsfront Plus sê inwoners van Tarlton is al jare lank in gesprek met die owerheid om die R24 (Albertina Sisuluweg) te probeer beveilig.

Die Vryheidsfront Plus en inwoners van die Tarlton-gebied is al vir jare in gesprek met die owerheid om die R24 (Albertina Sisuluweg) te probeer beveilig.

“Die gemeenskap is geskok en moedeloos na gisteroggend (5 November) se voorval toe ‘n bus met skoolkinders omgeslaan het,” sê Raadslid Amanda de Lange, VF Plus-woordvoerder in Gauteng.

Alhoewel dit blyk dat die pad nie die rede vir dié ongeluk was nie maar dat ‘n band van die bus gebars het, meen die Vryheidsfront dat die aantal lewens wat op die pad verloor word skokkend is en dat die geld aan beveiliging toegewys moet word.

“Die R24 is verlede maand tydens ‘n groot geleentheid wat ook deur President Jacob Zuma en die Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane bygewoon is, na Albertina Sisuluweg hernoem. Die belastingsbetalersgeld wat Gauteng aan die naamsverandering bestee het, kon veel eerder gebruik word vir die beveiliging van dié pad.”

Sy sê dit wil voorkom of die regerende party, die ANC, ‘n rede soek om ou afgestorwe strydrosse se name op borde, kaarte en straataanwysings te kry, ondanks die meriete van sulke prosesse.

“Die Vryheidsfront Plus is van mening dat lewens voorkeur moet kry voor ons belastinggeld op funksies en aansien spandeer word,” sê De Lange.

“Die hernoeming van die R24 is voortydig en ‘n belediging vir die families en geliefdes van slagoffers van dié pad wat geen erkenning of eerbetoon gegee is nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button