Local newsNews

Sluit aan by ‘n Diensjaar vir Christus

In hierdie jaar het die jongmense sekerlik van die grootste wonderwerke beleef.

Christ 4 Life is ‘n interkerklike, nie-winsgewende bediening.

Aan die einde van 2012 was daar met ‘n Diensjaar vir Christus begin om sodoende die nood van soveel jongmense wat skool verlaat en nie regtig weet wat hulle wil gaan doen nie, aan te spreek.

Op 4 Februarie vanjaar het die eerste groep van vier jongmense by die bediening aangesluit.

Twee van hulle kom uit ‘n agtergrond van dwelms en verskeie ander geestelike en psigiese probleme.

Die kursus behels praktiese en teoretiese aanbiedinge op ‘n spontane en gemaklike manier waar jy leer om jouself te ontdek (wie en wat jy in werklikheid is; jou identiteit in Christus), wie en wat die Here in werklikheid is (‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus) en om hierdie verhouding in die praktyk uit te lewe, God se doel en plan vir jou lewe, persoonlike beradingsessies (innerlike genesing asook jou outoriteit in Christus), hoe om evangelisasie en sending- en jeugwerk te doen, lofprysing en aanbidding, verskillende lewensvaardighede soos noodhulp, rekenaarvaardigheid, kreatiewe denke, beroepsvoorligting, en andere. Die groep gaam ook op die mees opwindende uitreike en uitstappies regoor die land en selfs so ver as Mosambiek, asook stranddienste.

In hierdie jaar het die jongmense sekerlik van die grootste wonderwerke beleef. Dwelmprobleme is iets van die verlede, hulle het geleer om psigiese en geestelike probleme te konfronteer en hanteer (‘n teken van psigiese en geestelike volwassenheid), hulle eie identiteit in Christus is ontdek; op wonderbaarlike wyse het die Here net kom voorsien op verskillende maniere.

Soos die Here wil sal daar volgende jaar weer ‘n Diensjaar vir Christus aangebied word. Dit beloof weereens om een van die mees opwindende jare in jou lewe te wees.

Vir enige navrae, kontak gerus ds Riko Scholts by 083 452 2383 of Reinette Klopper by 082 852 0838.

Besoek ook die kerk se webblad by www.christ4life.co.za of e-pos Riko by rikos@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button