Honeyfield hou Kersfees
Minderbevoorregte kinders en bejaardes van Kagiso is met geskenke bederf.
Dit was ‘n geleentheid om minderbevoorregte kinders en bejaardes van Kagiso te wys dat daar nog mense is wat aan hulle dink en vir hulle omgee.
Só sê Ann Bezuidenhout, die stigter van Honeyfield, ‘n niewinsgewende organisasie toe hulle sowat 50 bejaardes en 37 kinders met ‘n Kersgeskenk en lekkernye bederf het.
“Dit vorm deel van Honeyfield se jaarlikse afsluitingsprogram om na mense in die omgewing uit te reik en te wys dat ons omgee,” sê Ann.
Sy sê daar was selfs ‘n inkleurkompetisie vir die kinders en die meisie en seun wat hierdie kompetisie gewen het, het met ‘n stoel weggestap.
“My man Daan was Kersvader en hy het die geskenke aan almal uitgedeel. Dit was regtig ‘n plesierige dag.”
Ann voeg by dat sy graag al haar helpers en al die borge wat tot die sukses van die dag bygedra het, wil bedank.
