Local newsNews

Karavaankampatleet (16) verwag tweeling: mediese hulp is min

Bekende karavaankampatleet binnekort 'n ma van twee.

Weke nadat die NUUS berig het dat die Kroningspark-atleet, Irene van Niekerk swanger is, is haar familie ingelig dat die 16-jarige ‘n tweeling verwag.

Irene het oornag ‘n mediasensasie geword nadat daar wyd berig is oor haar talent op die atletiekbaan en dat sy meeste van haar tone verlore het toe sy ‘n baba was.

Volgens Van Niekerk se ma, ook Irene van Niekerk, was die nuus heeltemal onverwags omdat hul sedert die begin van die swangerskap na bewering geen sonar by ‘n staatshospitaal kon kry nie.

“Ons het nooit gedink dat dit ‘n tweeling sal wees nie, maar ‘n onlangse privaat sonar het duidelik aangedui dat daar twee babas is,” sê sy.

Irene (snr) het haar frustrasie uitgespreek oor die standaard van staatsdienste vir swanger vroue in Krugersdorp.

“Selfs ‘n basiese sonar of bespreking vir ‘n keiseroperasie is ‘n stryd,” sê sy woedend.

Daar is onsekerheid oor hoe ver die swangerskap is omdat verskeie staatsdienste verskillende ouderdomme van die fetus aan die familie weergegee het, maar volgens haar ma sal die tweeling binnekort gebore word.

Op hierdie stadium wag die familie vir terugvoering van ‘n plaaslike hospitaal om te weet wanneer Irene opgeneem sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button