Local newsNews

Lesers sê wat Valentynsdag vir hulle beteken

Die NUUS-span het die strate ingevaar om te hoor hoe lesers oor Valentynsdag voel.

Februarie staan bekend as die maand van liefde, daarom het die NUUS-span ‘n paar mense in Krugersdorp genader om te hoor wat hulle van Valentynsdag op 14 Februarie dink.

Ons wou hulle mening hoor of dit net ‘n geldmaakstorie geword het of is dit iets wat behoort te gevier word.

Gill van der Merwe (68) 'n pensioentrekker is vanjaar 49 jaar getroud en sê dat Valentynsdag elke dag gevier moet word. "Dit moet nie net tot een dag beperk wees nie. My man sal op Valentynsdag vir my 'n blom uit die tuin pluk en vir my gee – dit is baie meer spesiaal."
Gill van der Merwe (68) ‘n pensioentrekker is vanjaar 49 jaar getroud en sê dat Valentynsdag elke dag gevier moet word. “Dit moet nie net tot een dag beperk wees nie. My man sal op Valentynsdag vir my ‘n blom uit die tuin pluk en vir my gee – dit is baie meer spesiaal.”
Edward Mahasha (72) 'n tuinwerker van Noordheuwel reken dat 'n mens Valentynsdag moet vier. "Dit is 'n goeie ding, as ek self geld het om vir my vrou iets te koop dan doen ek dit."
Edward Mahasha (72) ‘n tuinwerker van Noordheuwel reken dat ‘n mens Valentynsdag moet vier. “Dit is ‘n goeie ding, as ek self geld het om vir my vrou iets te koop dan doen ek dit.”
Vir EllIe de Klerk (47), 'n mediese verteenwoordiger is Valentynsdag net 'n geldmaakstorie. "Ek is al 26 jaar getroud en ek dink ons het net een keer Valentynsdag gevier. My twee seuns van 18 en 24 jaar voel natuurlik anders daaroor en vier dit getrou."
Vir EllIe de Klerk (47), ‘n mediese verteenwoordiger is Valentynsdag net ‘n geldmaakstorie. “Ek is al 26 jaar getroud en ek dink ons het net een keer Valentynsdag gevier. My twee seuns van 18 en 24 jaar voel natuurlik anders daaroor en vier dit getrou.”
Keitumetse Makwela (24) 'n Honeursgraad student in Ontwikkelingstudies by die Universiteit van Suid-Afrika is tans enkellopend, maar is van mening dat Valentynsdag gevier moet word. "Ek dink 'n mens moet alles uithaal vir die een waarvoor jy lief is en dis beslis nié 'n gelmaak foefie nie."
Keitumetse Makwela (24) ‘n Honeursgraad student in Ontwikkelingstudies by die Universiteit van Suid-Afrika is tans enkellopend, maar is van mening dat Valentynsdag gevier moet word. “Ek dink ‘n mens moet alles uithaal vir die een waarvoor jy lief is en dis beslis nié ‘n gelmaak foefie nie.”
Steve van Zyl (40) die eienaar van Tasol Solar in Krugersdorp sê hy en sy vrou doen elke jaar iets spesiaal om Valentynsdag te vier. "Ons sal gaan uit eet en geskenke wat ons vir mekaar gekoop het uitruil."
Steve van Zyl (40) die eienaar van Tasol Solar in Krugersdorp sê hy en sy vrou doen elke jaar iets spesiaal om Valentynsdag te vier. “Ons sal gaan uit eet en geskenke wat ons vir mekaar gekoop het uitruil.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button