Local newsNews

Verrykende kursus weer aangebied

Hospice Gauteng-Wes gaan weer binnekort 'n kursus aanbied met die klem op kommunikasie, berading en opleiding in lewensvaardighede.

Hospice Gauteng-Wes, ‘n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat hulle daarvoor beywer om vir mense met terminale siektes soos kanker, HIV/Vigs en motorneuronsiekte ‘n kwaliteit lewe te bied, gaan binnekort weer ‘n belangrike kursus aanbied.

Barbara Crawford, administrateur, sê dat ‘n kursus van 14 weke met die klem op kommunikasie, berading en opleiding in lewensvaardighede op 10 Maart sal begin en dat enigiemand welkom is om deel daarvan te wees.

Sy sê die kursus, wat reeds meer as 20 jaar aangebied word, word een keer per week vir drie uur aangebied.

“Al ons beraders moes ook self hierdie kursus voltooi omdat dit baie verrykend is.”

Die kursus kos R950 en elke persoon sal ‘n handleiding ontvang wat hulle sal kan hou.

Barbara sê dat daar baie mense is wat die kursus volg omdat hulle mense beter wil verstaan en ook hulle kommunikasie met ander mense wil verbeter.

“Mense wat die kursus volg is nie noodwendig diegene wat in berading belangstel nie – hulle doen dit ook om hulleself te verstaan en te vind.”

Die organisasie lewer sy diens heeltemal gratis en ontvang geen staatsubsidie nie.

“Ons word finansieel gedra deur die gemeenskap en deur ons winkels in Randfontein, Krugersdorp en Roodepoort.”

Al die items wat in die winkels te koop aangebied word, is deur die gemeenskap geskenk.

Vir meer inligting oor Hospice en die kursus wat op 10 Maart begin, kan Barbara by 011 953 4863 of by 072 844 7757 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button