Local newsNews

Nories palm toekennings in

Hoërskool Noordheuwel is tydens 'n prysuitdeling deur die Onderwysdepartement met talle toekennings vereer.

Die Gauteng-Wes Distrik van die Onderwysdepartement het onlangs die Top Presteerders Prysuitdeling by die Krugersdorpse Eeufeessaal aangebied en Hoërskool Noordheuwel spog met verkskeie prestasies.

Talitha van Heerden, verlede jaar se Dux-leerling is as die nommer vyf presteerder in die distrik aangewys. Drie ander Nories-matrikulante, Bernard Pieterse, Kevin Burger en Chanelle Diedericks is as die top presteerders in hulle onderskeie vakke aangewys.

Volgens Karlien Steyn, bemarker van Hoërskool Noordheuwel sou die prestasies nie moontlik gewees het sonder die goeie werk van die onderwysers nie.

“Drie van ons onderwysers is as top onderwysers met die hoogste vakgemiddels en ‘n 100 per sent slaagsyfer aangewys.”

Dié onderwysers is Mariana Coetzee (Ekonomie), Sigi Pretorius (Rekeningkunde) en Herna Meyer (Geografie).

Hoërskool Noordheuwel het die volgende toekennings ontvang:

• Beste skool in die kluster

• Beste skool met 100 per sent slaagsyfer

• Top skool in distrik

• Skool met meeste universiteitsvrystellings

• Beklee die sesde posie in die Top Skole in Gauteng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button