Local newsNews

Gesin volg Oscar se saak langs Kroningsdam

Die gure reënweer skrik nie 'n gesin wat langs die Kroningsdam tent opgeslaan het, af nie; inteendeel hulle reken dat dit die beste omstandighede vir hengel is.

Met ‘n draagbare radio ingestel op Radio Sonder Grense (RSG) volg ‘n gesin, wat tydelik langs die Kroningsdam tent opgeslaan het, nié net die nuus oor die Oscar Pistorius moordsaak nie, maar ook die stand van sake met die weer.

Diederik Louwrens het in die reën vertel waarom hy, sy ma Barbara en pa Stefan nie eerder by die huis in die bed met ‘n warm beker koffie is nie.

“Ons hengel hier, want wanneer dit só aanhou reën is die visse meer geneig om te byt.”

Hy spog dat hulle reeds ‘n karp van sowat 4,5kg uitgetrek het.

Stapeltjies stene en uitgebrande hout is ‘n aanduiding dat die Louwrense en Oscar, hulle Jack Russel wat hy sê nie na die paralimpiese atleet vernoem is nie, al vir ‘n ruk lank die oewer langs die dam hulle tydelike tuiste noem.

“Ons is nou maar net ‘n paar dae hier, van die naweek se kant af, en sodra ons nou dink ons het ‘n lekker tyd langs die dam gehad, sal ons huiswaarts keer.”

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat die reën eers teen die naweek sal verminder. Net die tyd sal leer of die Louwrense tot dan nog vir hengel sal kans sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button