Rotary Anns reik uit met die hulp van die gemeenskap
Die Krugersdorp Rotary Anns het verskeie skenkings gedoen.
Die Krugersdorp Rotary Anns het op 19 Maart skenkings aan verskeie organisasies en instansies gedoen.
Minnie Pretorius, Rotary Anns president het klere en grimeermiddels aan Melodie van Brakel van die Cradle of Hope oorhandig. Dié skenking is deur ‘n barmhartige Rotariër van Randburg gedoen.
Sy sê as deel van hulle boekeprojek gaan hulle 51 stelle basiese skryfbehoeftes aan drie skole voorsien wat dit aan minderbevoorregte kinders sal uitdeel. Hierdie stelle bestaan uit twee A4-skrifte, potlode, penne, ‘n uitveër, skerpmaker, liniaal en ‘n gomstiffie.
“Ons wil graag die Korstens van PNA Key West bedank vir die skenking wat ons van hulle ontvang het. Verder sê ons dankie vir almal wat ‘n bydrae gelewer het sodat hierdie projek suksesvol kan wees.”

Annemart Koekemoer van Krugersdorp Town School was daar om hulle stelle skryfbehoeftes te ontvang.
Nog ‘n projek van die Rotary Anns is om brilrame by verskillende oogkundiges en tydens hulle gesondheidsweek aan mense te verskaf wat nie al die kostes van ‘n nuwe bril kan dra nie.
“Ons bedank graag vir Alida Coetzer en al die ander persone wat rame vir ons geskenk het.”

Om by die Rotary Anns betrokke te raak of om op enige manier met skenkings te help, kontak Minnie by 072 124 6554.
