Local newsNews

Rol moue op vir Paastyd

Die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBS) benodig dringend bloedskenkings om te verseker dat daar oor Paastyd genoeg bloed is.

Moenie dat die lewe dié Paasfees in die pad van lewe staan nie.

“Die nasionale behoefte is om sowat 3 000 skenkings daagliks te kry om die vyf-dae-voorraadmerk te haal”Lebo Seatlholo, skakelbeampte vir die SANBS

Met hierdie boodskap hoop die Monument-tak van die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBS) dat inwoners van Krugersdorp tyd sal maak om bloed te skenk voordat hulle oor dié Christen-feestyd gaan uitspan.

Lebo Seatlholo, skakelbeampte vir die SANBS sê dat die bloedvoorraad tans baie laag is en moedig daarom skenkers aan om vroegtydig bloed te skenk sodat daar genoegsame, broodnodige bloed vir hierdie tydperk beskikbaar sal wees.

“Ons het vyf dae se voorraad nodig om te verseker dat daar genoeg is, maar op die oomblik is ons getalle reg oor die land baie laag.”

Sy verduidelik dat hulle tak meer as 15 bloedskenking per week moet kry om optimaal te presteer.

“Die nasionale behoefte is om sowat 3 000 skenkings daagliks te kry om die vyf-dae-voorraadmerk te haal.”

Om mense wat deur die week werk tegemoet te kom, is die Monument-tak by die Anthos Sentrum (Monument Checkers) elke Donderdag tot 6.30nm en elke Saterdag van 8.30vm tot 2nm oop.

“Ons besef dat ons skenkers hulle eie lewe lei en respekteer dit, daarom sal ons alles in ons vermoë doen om dit vir hulle makliker te maak.”

Lebo sê dat hulle vriendelike personeel gereeld winkelsentrums en skole besoek sodat inkopiegangers en leerlinge bo 16 jaar wat meer as 50kg weeg daar kan bloed skenk.Tydens die NUUS se besoek aan die Monument-tak het Dawn Matsetela, ‘n suster wat help om bloedskenkers op hul gemaak te laat voel, sy eie moue opgerol en gewys dat hulle ook bloed skenk.

Lebo noem dat besighede hulle by 011 954 0229 kan kontak indien hulle sou belangstel dat die SANBS-personeel skenkings by hulle kom neem.

Bloed grafika

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button