Local newsNews

Goue bruilof vir egpaar

Die egpaar wat Barney's Panelbeaters in Factoria begin het, het onlangs hulle 50ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar Barney (82) en Udie (70) Croukamp van Witpoortjie het vroeƫr vandeesmaand hulle 50ste huweliksherdenking gevier.

Vir jare lank het Udie by Eerste Nasionale Bank in Krugersdorp se sakekern gewerk waar sy tot bankbestuurder bevorder is, maar as gevolg van omstandighede het sy bedank.

Haar man het as ‘n paneelklopper gewerk, maar die maatskappy waarvoor hy gewerk het, het bankrot geraak.

Dit het daartoe gelei dat die egpaar besluit het om in Junie 1985 Barney’s Panelbeaters in Wrightstraat, Factoria saam te begin. Die onderneming word vandag deur hulle twee seuns Leon en Gerhard bestuur.

In die jaar 1990 word Udie as die Johannesburgse Sakevroue se Besigheidsentrepeneur van die Jaar aangewys en sy was ook jare lank ‘n lid van die Krugersdorp RotariĆ«rklub.

Baie geluk aan hierdie paartjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button